die lang maer vlieswolkies
plat getimmer deur die harde dag
sweef stil
agter godson aan
vanaand as koning son
oor die ligberg gly
na donkerland
koue kant van donkerberg
dan spring hulle in sy bed
en las mekaar n lappies kombers
vir son koning
om sy hart warm te hou
Leave a Reply
Be the First to Comment!