Lok belowe
jy het gelag
jy het gesmile
jy het genader
die eerste keer
toe jy my sien
die maer kroeskop ou
dink hy nou rerig
ek sal in hom
belangstel
maar jy was slim
jou skildery op die kunsfees
het ek van gehou
daar was geen naam op
nie net 'geen'
die toneelstuk was
deur geen geskryf
jy het my geflous
toe ek hoor
wie 'geen' is
was ek alreeds verlief
Leave a Reply
Be the First to Comment!