Met my pen vertel ek jou

Met my pen vertel ek jou

Met dinkwoorde
vertel ek jou
van die bruis
in my borskas

elke keer as
jou brief
in die posbus lê

elke week vertel
my pen
‘n bietjie meer

as jy vir 52 weke
kan uithou
sal ek jou vertel

hoeveel jare
ek tel

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz