My God uiteindelik is ek vry
ek kyk om na die tralie wêreld
die ligte bokant die doods akker wink
Tien jaar het ek tevergeefs gewag
vir die sleutels van vryheid
niemand wou luister na my
ek het die pistol probeer gryp
hy wou haar skiet
niemand wou luister na my
my vingerafdrukke
was op die pistool
op die horison
flikker die blou ligte
die tonnel onder die doodsakker
het hulle gekry
My God uiteindelik is ek vry
vry om te wreek
Leave a Reply
Be the First to Comment!