n bobbejaan klim die berg

n bobbejaan klim die berg

n bobbejaan is seker nie
een van die mooiste diere nie

hy vreet skerpioene,torre
miskruiers en miere
sy asem ruik nie lekker

soos dames wat al
n bobbejaan gesoen het sal weet

hy steel
mielies ,pampoenen karkoere

spanspek en komkommer
is sy geliefkoosde kos

hy steel nie
God het gese die veld
die berge is jou huis
daar is jy tuis

maar waarom dan
is my van
van den bergh

ek is nie n bobbejaan nie!

maar ek klim my lewe lank al

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz