Ons kan nie keer

Ons kan nie keer

dat die son opkom nie

die flou oranje lig ontbloot
wat laasnag gebeur het

dronkgat rooi oog loer
rooi gehuilde oog
oor laasnag

skitter blink oog
hy het my laasnag gevra

dit is verby oog
die wereld vergaan

dit is dood oog
die laaste asem
uitgeblaas laasnag

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz