Ons sal mekaar nie meer sien nie

Ons sal mekaar nie meer sien nie

sy was alreeds ingeboek
toe ons mekaar raaksien

ou herinneringe word oopgevlek
matriekafskeid 15 jaar gelede

ons het natgereën
haar sykant rokkie
het deurgeskyn

die dogter van
15 wat saam
met haar stap
lyk net soos ek

hulle keer my voor
sorry, sir the flight is closed

sy het my nooit vertel nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz