op die toneel

op die toneel

bande skree
robot rooi

glassplinters verstrooi
karre stop
die mense kyk verskrik

n arm lê in die pad
grille en gille

ek gryp my sel
die kamera
kliek en kliek

ek het dit alles

die trane
die bloed

die geamputeerde arm
die vergruisde been

die lens koud oog
neem alles in

more spoeg die koerante

sensasie uit

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz