Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Jou goud het ek nooit herken nie

Jou goud het ek nooit herken nie

December 2, 2010

Ek het nooit so diep gedelf nie jou yster rotse was te veel vir my gewees maar die boorpunt van liefde sou die hardste rots kon kloof vergewe my tog maar na soveel jare het ek uitgevind dat die swaard van liefde die hardste rots kan kloof Liked it? Share it please …

3495…Hoe dit moes gewees het

3495…Hoe dit moes gewees het

December 1, 2010

dit is te laat om jammer te speel almal hou net van goeie nuus nou vertel ek hoe dit gaan wees op die R25 by die Modderfontein afrit het ek om die robotte die grond skoongemaak en kosmos gesaai ons wag angstig dit was ‘n week gelede die klein groen kosmossies begin hul kop uit …

3493…’n Laatnagbrief

3493…’n Laatnagbrief

November 30, 2010

omdat ek nie voorheen die moed gehad het om jou te vertel hoe my wêreld eintlik werk maar nou laatnag sit ek alleen met al die tyd in die wêreld die verkeerd wat ek gedoen het vul die blaaie die reg is net die laaste blad dit is laatnag ek snik verniet Liked it? Share …

Robelle goue hart

Robelle goue hart

November 29, 2010

Jy is hier maar ek sien jou nie jy is hier maar jou warmte voel ek nie jy is hier jou warm lag weerklink oor die vlaktes jou blink praat oë jou kekkelbek jou goue hart was altyd orals nou is jy stil maar nie weg nie as ek my oë toemaak is jy terug …

3493…Karkas karkas

3493…Karkas karkas

November 27, 2010

vasgevang is ons vir ‘n leeftyd jonk en mooi word oud geplooi maar meeste kere sien ons die karkas die mens binne bly verskuil Liked it? Share it please …

3492…Dag van die swart wolk

3492…Dag van die swart wolk

November 26, 2010

Die dag het bloulug begin die son sterk oranje op die horison eerste rat tweede rat derde rat die reuse trok glip robot verby my motor brand verslae kyk ek toe die swart wolk dwarrel verby Liked it? Share it please …

3491…Droomrat

3491…Droomrat

November 26, 2010

dit draai stadig binne ons maak ons lewer, hart en tong suiwer vir die dag van môre maar as daar ‘n stok in kom fok dit alles op waaroor ons gedroom het Liked it? Share it please …

3489…Ek is dors

3489…Ek is dors

November 25, 2010

hier is geen water die nagmaalbeker en die brood staan op die tafel gereed vir my soos altyd My Gog U pers my af U het my getriek Liked it? Share it please …

3488…Haar smeekroep weerklink

3488…Haar smeekroep weerklink

November 25, 2010

laag teen die kranse sy swiep die vertes haar groot blink oë rol rond geen teken van haar maat onder in die plakkerskamp word haar afvlerk maat se oë finaal dof sy is vir ewig alleen Liked it? Share it please …

3487…Faking it (vir botleblond)

3487…Faking it (vir botleblond)

November 23, 2010

Jy kan gil jy kan jil jy kan wikkel maar nie prikkel jy kan rol jy kan jol only a real man will know you’re a fake Liked it? Share it please …

3486…Verward

3486…Verward

November 23, 2010

Draai sy om en kyk skaam na my texans het sy probeer longe lam gehoes count pushkin het sy gedrink en ‘n moeder hoofpyn gehad pille sluk het sy gedeel bleek daaruit gestap muscle man so fris gewees saam wou sy nie wees verward draai sy om en kyk skaam na my Liked it? Share …

3485…As die god van swart

3485…As die god van swart

November 23, 2010

aan jou deur klop dan glimlag jy nie jy staan nie opsy en sê welkom nie want swartgod wolk verby jou skanse en bring onheil in jou huis maar ek weet dat God my God sterker is as al in die heelal Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte