Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
3472…Jy bring vir my ‘n tjoklit koek

3472…Jy bring vir my ‘n tjoklit koek

November 18, 2010

soet, sag en smul lekker ek geniet jou soet amper alles opgevreet gelukkig is daar nog ‘n stukkie oor vir die volgende dag Liked it? Share it please …

3471…Ek vertrou jou so ek kan kaal

3471…Ek vertrou jou so ek kan kaal

November 18, 2010

onder die lakens langs jou lê sonder om bang te wees Liked it? Share it please …

3470…Vliegmeisie (vir Anemos)

3470…Vliegmeisie (vir Anemos)

November 17, 2010

jy het gevlieg geland lekker ge-chat het ons totdat die blinklyf bokant ons gedreun het jou blinkoog het gedim maar ek het geweet eendag gan jy weer hier land Liked it? Share it please …

3469…Toe die deur oopgaan

3469…Toe die deur oopgaan

November 17, 2010

vlieg die duiwels van twyfel die deur uit jy is tuis my lief met jou engel lag Liked it? Share it please …

3468…Hoekom

3468…Hoekom

November 17, 2010

Het jy nie waarom wanneer sal jy hoe lank nog jy kan nie ek het gevlug waar ek alleen kan wees Liked it? Share it please …

3467…Break

3467…Break

November 17, 2010

You’re breaking my heart maar die lewe gaan aan oggend, middag, aand, nag waar pas ons in ek weet nie I’ve got to break free van die trop wat elke dag vreet en kak lus en huppel skree en baar ek kyk op die blou lug eindeloos Liked it? Share it please …

3466…Kom gou my lief

3466…Kom gou my lief

November 17, 2010

ek lê en wag in die vallei van mistigheid sal my vrou reuk jou lei tot waar die waters bruis Liked it? Share it please …

3465…ek begeer

3465…ek begeer

November 17, 2010

jou blonde lyf wanneer jy uitgestrek langs die boom lê en bak Liked it? Share it please …

3464..Wanneer sal ons

3464..Wanneer sal ons

November 17, 2010

waar sal ons die onrustige lus in ons kan blus Liked it? Share it please …

3463…Maak gou

3463…Maak gou

November 17, 2010

want ek hou van jou klim gou deur die venster van ontrou Liked it? Share it please …

3462…Bot lê die blond

3462…Bot lê die blond

November 16, 2010

en sip haar cocktail ongeërgd laat sy die lewe gebeur sy sit haar sonbril op en sê life is a bitch Liked it? Share it please …

3461…Mag die lied wat jy sing

3461…Mag die lied wat jy sing

November 16, 2010

se woorde oor liefde se woorde oor genade se woorde oor genot vir ‘n ewigheid tussen die sterre weerklink Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte