Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
3460…Eg liplag

3460…Eg liplag

November 16, 2010

as jou mondhoeke begin opkrul en jou wange kuiltjies maak en jou oë glinster dan weet ek daar kom ‘n egliplag Liked it? Share it please …

3457…Woestynvry

3457…Woestynvry

November 15, 2010

my mond kurkdroog soos die warm woestynwind sandkorrels pepper my klou aan my warm sweet voorkop hygend suig ek sand dit is die eerste keer dat ek in die woestyn vry Liked it? Share it please …

3455…As jy maar nie

3455…As jy maar nie

November 15, 2010

in my oë gekyk het nie dan sou jy nie vandag kwaad gewees het nie jou trane sou binne gebly het maar nou is jy rooioog oor ‘n loveloser soos ek Liked it? Share it please …

3459…Saai die saad

3459…Saai die saad

November 15, 2010

langs die dorre lewenspad die rookwalms warrel die swart sand lugop die hand van die vrysaaier saai met liefde sodat vroeg in die nuwe jaar die kosmos vir 60 dae vir ons swaai en waai vir ons groet om kompos vir volgende jaar se kosmos te word Liked it? Share it please …

3456…Liefde as

3456…Liefde as

November 15, 2010

sy sit verdwaas die rookruik stink in haar neus lief het hy gesê gou het sy geglo gou gegee hy het vinnig opgestaan sy kyk na die liefdesas die vol asbak Liked it? Share it please …

3458….leë bottels

3458….leë bottels

November 14, 2010

vol glase vol verwagtinge leë drome Liked it? Share it please …

3453…Tiekie tieke tok

3453…Tiekie tieke tok

November 12, 2010

your body is like a clock tiekie tiekie all the time die disco warm eers op die tango lywe tangle nog die dreunmusiek krul die lywe soos ‘n pot spaghetti ‘n hopelose saak tiekie tiekie tiekie tok die klok is befok 8 uur word 11 uur jou moves verander tiekie – ek besef dis na …

3453…Dancing in the city

3453…Dancing in the city

November 12, 2010

moving her stress dress around her sexy thighs deur die donker walms sien ek haar rook alleen rol sy haar lyf en hop haar borsies haar blonde hare swiep loer sy na my ek stap stadig nader en vra … haar oë verstar ek kyk om die slang sis dis die boss se girl sopnat …

3452…Only the lonely

3452…Only the lonely

November 11, 2010

hierdie ou liedjie weerklink ons is nie altyd alleen maar net somtyds maar ek verkies om te kies daarom is ek only the lonely Liked it? Share it please …

3451…Man op die maan

3451…Man op die maan

November 11, 2010

ek sien weer die lagplooitjies om jou hemel oë hoor jou smiley lag en skater saam dit was die aand voor jou troue nou is jy die man op die maan Liked it? Share it please …

3450…Daar is niks soos ware liefde

3450…Daar is niks soos ware liefde

November 11, 2010

het ons vir mekaar gesê terwyl die lied in die agtergrond weerklink het skoonoog oopoog het ons gekoer die wag, die afwagting iets gaan gebeur ons het toe mekaar belowe om nooit die magic te breek nie nou na 40 jaar glo ons nog daar is niks soos ware liefde niks so mooi so skoon …

3448…Ons was albei 16

3448…Ons was albei 16

November 10, 2010

en alleen by die huis dit was lente en jongman hormoon het wild gestoei sy hande was orals haar hande was orals rustig het sy geslaap hy het staroog gelê en wonder is sy nou swanger banger het hy geword maande later sit hy huiloog terwyl haar ma die koliekbaba troos haar bokkie oë kyk …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte