Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
3394…Die dag breek toe uiteindelik aan

3394…Die dag breek toe uiteindelik aan

October 13, 2010

vir jare het jy gesluip vir jare het jy gedruif manwees het jy nie verstaan in jou haas het jy toe vergeet van die slagyster van regverdigheid Liked it? Share it please …

3393…Franse gedig vir jou

3393…Franse gedig vir jou

October 12, 2010

sur votre ile isolée fais briller ta lumière de la véritè mais je suis trop loin et regardez votre lumière brille heureux combien de temps Je viens de assis dans l’obscurité op jou eiland afgesonder skyn jou lig van trou maar ek is net te ver en sien jou lig vrolik skyn hoe lank nog …

3392…’n Meisie van losse sede was sy

3392…’n Meisie van losse sede was sy

October 5, 2010

nog jonk toe ek haar raakgedrink het ek was ook sy kon lag skaterlag sy loer jou dronk en slinger jou lyf jou tong is slap jy fluit nie maar mompel nog ‘n keer sy vat jou beursie niks is verniet sy knik ‘n vaagknik Liked it? Share it please …

3391…Aan die stam hang die verbode vrug

3391…Aan die stam hang die verbode vrug

October 5, 2010

ek gaan brand woestynwind koel my af woestynwind waai my weg die duiwel lag die hel is net om die draai Liked it? Share it please …

3390…Die vlamme kolk

3390…Die vlamme kolk

October 5, 2010

lang tonge gloei die koue nag maak jou nader kom die vlamlig weerkaats in jou oë ek sien jou smeltpunt jou kookpunt ek gee nie om vir die brand van jou vuur Liked it? Share it please …

3285…Jy dink seker

3285…Jy dink seker

October 1, 2010

ek is ‘n pampoen omdat ek steeds by jou kuier ek wag dat jy my water gee dat jy my blom kan sien Liked it? Share it please …

3284…as jy sê alles vir die liefde

3284…as jy sê alles vir die liefde

October 1, 2010

maar wat jy wys is lyding waarom bly jy stil jy is lief vir die bliksem al slaan hy jou Liked it? Share it please …

3282…wat doen jy aan my

3282…wat doen jy aan my

October 1, 2010

sleur my mee na die land van wild sleur my mee in jou stroom van liefdesous Liked it? Share it please …

3282…Jy sit daar snotneus traanoog

3282…Jy sit daar snotneus traanoog

October 1, 2010

op die bank jy wil my vertel als is nie verby dit is amper lente as die bloeisels uitspruit sal jy weer die mooi in my sien ek het nou griep Liked it? Share it please …

3282…jou traanoog vertel

3282…jou traanoog vertel

October 1, 2010

jy het net kom sê, ek het genoeg gehad jy was nie eerlik gewees sy draai om die nag sluk haar in Liked it? Share it please …

3281…Klipdrift

3281…Klipdrift

September 30, 2010

maar as die klipdrift my hart omvou is daar niks warmer nie ek weet al lankal dat een bottel nie genoeg is nie ek dors na meer ek weet nie meer van die wêreld om my nie hoe my vrou winkel toe stap net ‘n bietjie koop op ‘n slag haar klere te klein van …

3279…Die alleen in jou lyf

3279…Die alleen in jou lyf

September 29, 2010

die honger wou jy verdryf en het my gegryp in my onkunde het jy my geryp my kind en jou drie kyk honger in my oë Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte