Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
3194…Solank jy nat is…

3194…Solank jy nat is…

May 10, 2010

ek kan met jou maak net wat ek wil solank jy nat is kan ek jou rol kan ek jou jol ek kan jou lyf buig jou rug glad vryf totdat jy shape jy is my maaksel jy is my klei-ossie Liked it? Share it please …

3200…Is jy die buiglyf

3200…Is jy die buiglyf

May 10, 2010

waarna ek al jare soek soepel lyf, buiglyf begeerlyf, bruinlyf haarloos glinster jy onder neonlig duiwels glimlag lank vanaand gaan ek jou vry vir net een duisend rand Liked it? Share it please …

3199…Die meisie in die mis

3199…Die meisie in die mis

May 10, 2010

ek soek tevergeefs die straatname gedou haar adres is dik gemis ek kan haar nie vind nie sy weet nie wat sy gemis het nie Liked it? Share it please …

3211….My diepste bêreplek..

3211….My diepste bêreplek..

May 9, 2010

is waar ek my foute wegsteek ……………… kwaad bêre ……………… hartseer bêre ……………… ongeluk bêre maar bo op pak ek my vreugdes my my lag my verwagtinge my liefde vir jou en jou blou oe wat so intens in myne kyk Liked it? Share it please …

3209….I will give all my tomorrows………………For a single yesterday

3209….I will give all my tomorrows………………For a single yesterday

May 9, 2010

seerhart onthou ek ons vrolike dae saam die lewe wat ons gedeel het die glimlag die geskater die oogvang ons het mekaar verstaan en geniet die wereld was oop die toekoms blink toe raak jy weg uit my lewe uit seerhart sing ek i will give all my tomorrows Liked it? Share it please …

3210….Die blare val soos herfsharte

3210….Die blare val soos herfsharte

May 9, 2010

Herfsharte wat in die lente groen en sappig was dit was n vrugtesomer gewees maar koel koel kom herfs aangesweef die koue winter is hier hulle was maar net een seisoen harte Liked it? Share it please …

3208….As jy nie by my is nie

3208….As jy nie by my is nie

May 9, 2010

dan dwaal my hart ek is bang my hart verdwaal as jy nie by my is nie Liked it? Share it please …

3207….Dankie ma

3207….Dankie ma

May 9, 2010

Dat jy altyd die sagkant van jou hart vir ons gegee het jou harde woorde het sag geval wanneer ek seer was het jou hart my trane gespons jou hart het die lewe gekussing Liked it? Share it please …

3206….Die reier soek n maat

3206….Die reier soek n maat

May 9, 2010

Voordat die son nog sy kombers afgegooi het sien ek die reier vlieg in die koel herfslug die waterpanne krimp elke jaar en minder reiers kom broei hier hy het nog nie n maat gekry maar die natuur dryf hom voort die paringsdrang is groot sy linkerbeen hang halfmas sekretarisvoel het hom geskop hy het …

3204….n lyf gehuur

3204….n lyf gehuur

May 8, 2010

betaal per uur om lyf te huur sexy uitlok terg paradeer die ses jy soek net lyf nommer 6 lyk reg n job is n job gevoelloos passief doen sy die moves ruk ruk nagemaakte orgasma is dit lekker vra sy moerig bliksem ek die 1000 op die vloer neer hoe het ek tot hier …

3206….Ek willie met jou praat nie

3206….Ek willie met jou praat nie

May 8, 2010

want jy altyd 1+2=2 ek kan dit nie verstaan jou tong knoop nie soos myne nie jy is seepglad soos Lifeboy jy laat niks deur jou vingers glip jy weet nie ek weet 1+2=3 Liked it? Share it please …

3205….PLEASE bear

3205….PLEASE bear

May 8, 2010

Asseblief Oom beer asseblief bly tog net asseblief van my ysblok af Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte