Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Vanaand slaap ek by jou

Vanaand slaap ek by jou

February 3, 2010

Jy is so naby jou parfuum reis ek hyg die rooi lig flikker jy storm nader parfuum se moer gee my asem Liked it? Share it please …

Droom bruin oe ..

Droom bruin oe ..

February 3, 2010

my kop is deurmekaar nadat ek in jou droombruin oe gekyk het die blink maan gesien het moet ek my gps weer terugstel vanwaar ek gekom het Liked it? Share it please …

Jy lyk so sexy met jou tattoo bikini

Jy lyk so sexy met jou tattoo bikini

February 1, 2010

Maar jy moet nie weer vergeet om ook jou lappie bikini aan te trek nie Liked it? Share it please …

My kop draai nog steeds

My kop draai nog steeds

February 1, 2010

Nie omdat ek te veel wyn gedrink het nie nie omdat jy my soveel vrae gevra het nie nie omdat jy so n mooi motor het nie Maar omdat jy so sag praat omdat jy so mooi glimlag omdat jy klokkies lag omdat jou oe sag word wanneer ek daarin kyk en ek die pad …

Ek strooi rosegeur

Ek strooi rosegeur

February 1, 2010

die blare verstrooi in die aandwind as jy my reukpad nie vind dan moet ek wag vir die volgende botsel asseblief my roos hierdie jaar het ek die wortel spesiaal vir jou geteel Liked it? Share it please …

2951…Drup drup drup

2951…Drup drup drup

February 1, 2010

Ek en jy het so lekker gesels dat die roomys wat ek vir jou gekoop het opgedrup het gelukkig het ons geselskap nie opgedroog nie Liked it? Share it please …

1 februarie 2010 .Die druppels gly stadig teen die ruit af

1 februarie 2010 .Die druppels gly stadig teen die ruit af

February 1, 2010

gly in die stofspoor op haar wang betraand glinster sy in die maanlig die druppels verdamp in die moreson haar trane droog in die paadjies op haar wange dof sien sy die verdrietgesig in die ruit laasnag moes nooit gebeur het nie Liked it? Share it please …

Druppels lê soos onvoltooide reen teen my vensterruit

Druppels lê soos onvoltooide reen teen my vensterruit

February 1, 2010

Die eensame amper laat druppels kleef aan die ruit vas soos n minnaar wat te laat besef daar is amper niks meer oor nie tevergeefs hang hy rond voordat sy hartseer reis begin die druppels kleef vasberade die jaagwind het gaan lê hulle gly stadig af om deel te word van die vreugdepoel Liked it? …

Ons liefde is soos n handgranaat

Ons liefde is soos n handgranaat

February 1, 2010

Met liefde en passie gebou wie oortree die pen getrek die bom ontplof gewond bloei ons Liked it? Share it please …

Wat maak ek hier

Wat maak ek hier

February 1, 2010

my hande bewe sweetdruppels glinster ek haat hierdie plek daarom kom ek nie hier nie omdat ek nie hier kom nie daarom is ek hier die blink boor sis soos n slang hulle kon net 3 van my voortande red ek lag nou toebek Liked it? Share it please …

Lippies glinster blinkers

Lippies glinster blinkers

February 1, 2010

weerklink sorgeloos die verborge gevare ver weg glinsteroog stroom hulle magies wys lippies glinster blinkers in die witlig sien hulle nie die duiwel wag in die skadus Liked it? Share it please …

heerlike dag

heerlike dag

February 1, 2010

Die somer reens sak neer en deurweek die aarde die wurmpies kom uit om die heerlike dag te geniet die reier was sy bord en sê wat n heerlike ontbyt wat n heerlike dag Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte