Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Droom van

Droom van

January 1, 2010

In die nag rol die alleen mense rond en droom van hulle wat nooit sal kom nie Liked it? Share it please …

2743…n happie van …

2743…n happie van …

January 1, 2010

jou nougat ek rol die soet op my tong dit was in standerd ses gewees jou diepkyk blou oe het ek eers in standerd gesien jou sagtongsoen het ek eers in matriek ervaar maar nou na dertig jaar sien ek jou plooioog jou jammeroog maar ons weet dat na al die jare is nougat nog …

2738…Jy is kind van die wind

2738…Jy is kind van die wind

December 31, 2009

Die weskuswind waai suisend deur jou swartbos verstrengel geknoop beur jy terug jy smile jy weet ek het die wind gestuur sodat jy moet weet Liked it? Share it please …

2740…Die flukse lywe !

2740…Die flukse lywe !

December 31, 2009

Die lazers sny die lywe in stukkies rukkend gaan die poppespel voort todat die ledemate op die vloer van die oujaar lê Liked it? Share it please …

2742…Kan jy my gee..wat ek vra..

2742…Kan jy my gee..wat ek vra..

December 31, 2009

ek vra van jou: n helder lag n ondeunde glimlag n wulpse lyf n sagvat n borsdruk n rugwas n sonvarslied dan sal ek: jou minnaar wees jou beskermer die pa van jou kind die lag in jou lewe die lig in jou nag die skater in jou lag dan sal ek saam met jou …

2736…Ek reis sommer

2736…Ek reis sommer

December 30, 2009

na jou strand om wild na jou lyf te gryp en jou vas te hou terwyl die strandwind ons enkels piets Liked it? Share it please …

2735…Wolke tuimel

2735…Wolke tuimel

December 29, 2009

Steriel pluim ons hoog trots kinderloos verlei ons die bliksemstraal verkrag tuimel ons grondwaarts om wraak te neem verspoel,verpletter,verniel verduur ons die stilte traanoog vloei ons seewaarts Liked it? Share it please …

2739…Die arme Hennetjie

2739…Die arme Hennetjie

December 29, 2009

Verflenterd lê sy op die werf sy het nie geweet om die haantjie te terg is so erg ! Liked it? Share it please …

2733…Wolke sag stuur jy ..

2733…Wolke sag stuur jy ..

December 29, 2009

Ek duik sonder vrees die wolke sag vou my tol my draai my druppels dou op my tong smul my , slurp ek jou lag weerklink wakker word ek wolkmeisie glimlag die dou op haar lippe slurp ek gretig Liked it? Share it please …

2732…Sag lê jy teen my bors..

2732…Sag lê jy teen my bors..

December 29, 2009

Jou asemhaling ritmies die half glimlag het ek gebring die koel weskuswind vloei oor ons ek vra die sekelmaan dit kan nie meer wees nie as ek eers volmaan is dan sal ek jou meer vertel se die sekelmaan en verdwyn oor die horison ons het ons nie laat ophou nie Liked it? Share it …

2734…Jou geheime bewaar

2734…Jou geheime bewaar

December 28, 2009

Die lig weerkaats jou geheime bly my God hoe lank nog moet ek wag om die donkeroog te lees Liked it? Share it please …

2731…Hoe kosbaar is die lewe

2731…Hoe kosbaar is die lewe

December 28, 2009

Die weghol trok het die stal rakelings gemis met haar suigeling het sy gevlug die glinster messe agterna maar josef het Egipte in sy GPS ingepons God het weer gelei Bestemming Bereik Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte