Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Jou lag sal weer reis op die rug van die warmhart wind

Jou lag sal weer reis op die rug van die warmhart wind

February 17, 2015

die jaar voor is wasig soos die grysmis wat rondsluip die sonneblom van jou jeug swaai heen en weer en glimlag in die warm son jou lag sal weer oor die groen vlaktes weerklink Liked it? Share it please …

Die vlieswolkie le laag op die horison en loer

Die vlieswolkie le laag op die horison en loer

February 17, 2015

en wag vir die son om bed toe te gaan wie weet dalk kan sy die son verlei Liked it? Share it please …

Ek hoor nog jou stem

Ek hoor nog jou stem

February 17, 2015

in die naguur maar jy is al jare weg waarom hoor ek jou nog omdat ek jou nog steeds liefhet Liked it? Share it please …

n somer bloeisel was ek

n somer bloeisel was ek

February 17, 2015

by het my bevrug ek het vrug gedra het n pragtige rooiwang perske geword die fokon vrugtevlieg ontroof my van maagd hoeveel van ons sal oorleef om liefde te beleef Liked it? Share it please …

Te vroeg bloeisel.

Te vroeg bloeisel.

February 17, 2015

jy is nog te jonk het my ma gese avontuur en die nag het te sterk geroep nou hang ek verlep die ryp het my gekry ek was n te vroeg bloeisel Liked it? Share it please …

Hy glimlag

Hy glimlag

February 16, 2015

sy kyk tv hy lyk nog net so sjarmant soos die dag toe hy haar verlei het hy is weekliks op tv sy program Die Babamaker is uiters gewild sy seuntjie sit op haar skoot sy pappa is in die hemel het sy hom vertel sy weet nie daar is nog twee mammas met seuntjies …

Bly by my

Bly by my

February 16, 2015

HEER sing hulle by my graf terwyl die skadus daal ek sit op die top van n sipres boom fok julle witgepleisterde grafte almal ek kyk hemelwaarts Liked it? Share it please …

GOD se bankrekening

GOD se bankrekening

February 15, 2015

wanneer ons gebore word maak God n inskrywing nie in rand of sent maar dit is n genade krediet ek het n ongeluk gemaak ek was dronk ek het my vrou geslaan ek was dronk ek het bedrog gepleeg en het my werk verloor nog net 30% genade oor ALLES wat ons ontvang in hierdie …

ANTI AGEING

ANTI AGEING

February 15, 2015

24 uur per dag daarmee beveg jy die ouderdom maar dit bekruip jou soos die luiperd die bok sy gaan jou kry een of ander tyd al doen jy wat jy het platinum anti ageing die droom room geloof is al wat tel Liked it? Share it please …

Sonskyn lag

Sonskyn lag

February 14, 2015

ek hoor jou sonskyn lag toe jy aangehuppel kom oor die pasgesnyde lusernland vandag as ek lusern ruik dan dink ek aan daardie dag toe jy verby my gehardloop het Liked it? Share it please …

Imperial pleasure

Imperial pleasure

February 13, 2015

Ceaser sit op sy troon in Rome die spil van die heelal hulle vier n oorwinning outydse musiek weergalm in die paleisgange hy het twee meisies vir elke general gereel die wyn vloei die musikante straf die instrumente die tromme verdwerg die donder van die donkerblou dragtige wolke groot druppels plas en word strome die …

Wat van gister

Wat van gister

February 13, 2015

ek het vergeet wat ek gister gedoen het n gebreekte vrou agtergelaat vier honger kinders wat verskrik agter haar uitloer wanneer hulle my weer met die smartbottel in die hand sien ek het vergeet Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte