op die toneel
bande skree robot rooi glassplinters verstrooi karre stop die mense kyk verskrik n arm lê in die pad grille en gille ek gryp my sel die kamera kliek en kliek ek het dit alles die trane die bloed die geamputeerde arm die vergruisde been die lens koud oog neem alles in more spoeg die koerante …