Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Die beste resep vir n gelukkige huwelik

Die beste resep vir n gelukkige huwelik

November 4, 2011

WEIGHLESS Liked it? Share it please …

Uit die koue van die winter het jy gekom

Uit die koue van die winter het jy gekom

November 3, 2011

om my hand vas te hou toe my hart seer was jou omgee het my ontvries die warm lenteson het vertel dit is tyd om te gaan die son het opgekom Liked it? Share it please …

Lekker reis ons op die wind van erens

Lekker reis ons op die wind van erens

November 3, 2011

as jou warm asem oor my wang blaas en jy fluister met jou hees stem in my oor dan kan ek nie anders as om jou in my wêreld in te nooi nie Liked it? Share it please …

Jy is nou hier vasgemeer vir die res van jou tyd

Jy is nou hier vasgemeer vir die res van jou tyd

November 3, 2011

jy is geanker en wieg op die deining van my kalm see die roes gaan afdop n vars laag lewe kry jy n glimlag n lag en warmte jou hart begin weer klop n lewe wag Liked it? Share it please …

Jy het my wakker gemaak

Jy het my wakker gemaak

November 2, 2011

met jou smeltparfuum het jy verbyspore gelaat op die wilde hormoonspoor het ek geloop om die hoek het die parfuumspoor doodgeloop die somerwind het n nuwe reuk saamgebring blindelings het ek gevolg om die hoek het die parfuumspoor doodgeloop die laaste twintig jaar loop ek nie meer om n hoek nie Liked it? Share it …

Die pad saam met jou

Die pad saam met jou

November 2, 2011

moes ek nooit geloop het nie maar ek het jou gesê jy moet altyd jou hardloopskoene aanhou wanneer ek weghardloop agter die sondewêreld aan en vang my voordat dit te laat is Liked it? Share it please …

Kom soen my op my wang as jy my kan vang

Kom soen my op my wang as jy my kan vang

November 2, 2011

sê sy en duik die see in sy kan tog sekerlik nie ernstig wees nie sy weet ek kan nie swem nie of wil sy van my ontslae raak Liked it? Share it please …

Jy was nog gebind gewees

Jy was nog gebind gewees

November 1, 2011

jou heuning beskikbaar die hommelby kon nie weerstaan nie en vreet te veel naar het hy geword en hommmel toe weg Liked it? Share it please …

Die gebroke vrou

Die gebroke vrou

November 1, 2011

Moedeloos strompel sy deur die lewe meganies die een been voor die ander gelykmatig mompel sy slegs nodig haar lagmond sinies vertrek die mooi woorde die geld wat rol die verneuk die vreemde parfuum God! wie se rug kan dan regop bly Liked it? Share it please …

Gaan ek jou vanaand sien

Gaan ek jou vanaand sien

October 20, 2011

op die trein van plesier net ek en jy kan ry op die trein van plesier as die klok lui dan weet ons dis verby nog n rit na nêrens is verby Liked it? Share it please …

Kruip jy weg in jou donkerkamer

Kruip jy weg in jou donkerkamer

October 19, 2011

jy fotograaf wat film strip kan doen maar lig my in watter prentjie sien jy op dir strip teen die lig jouself kaal in die kalklig gestrip soos die slagoffers in ligdag Liked it? Share it please …

Venus word bevrug

Venus word bevrug

October 19, 2011

die ou komeet slinger slinger deur die heelal sy stert is kort sy vuur is flou sy pad kruis met venus hy duik in haar skoot n duisend jong komete bestorm die heelal daar is lewe na die dood Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte