Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Die boom sonder blare

Die boom sonder blare

May 19, 2011

staan kaal alleen die immergroen spog bont die blom sonder kleur is sonder geur steekproewe gaan nie gebeur die lied sonder woorde word nie gehoor die blaaie sonder waarde is soos 'n lied sonder akkoorde my liefde fokus soos met 'n brandglas krul die waarde Liked it? Share it please …

My honger moet jy stil

My honger moet jy stil

May 18, 2011

Waarom dink jy soek ek waarom dink jy het ons paaie gekruis die honger kyk het ons raakgesien ek hoop ons kan geniet en nie net mekaar opvreet nie Liked it? Share it please …

Ek ryk uit

Ek ryk uit

May 18, 2011

geld kan nie alles koop lui die gesegde maar die rooi vierwiel brul kon jy nie weerstaan wat myne was dit was die laaste sien van die rooi vierwiel brul geld kan nie alles koop nie Liked it? Share it please …

Die noodlot speel

Die noodlot speel

May 18, 2011

draai en swaai met my bont ek wonder waarom bly jou oog so droog ek reik uit net om mis te tas was dit jy wat nou hier was Liked it? Share it please …

Gister het jy nog gesĂȘ

Gister het jy nog gesĂȘ

May 18, 2011

jy wil drie kinders hê jy het ook gesê waar ons gaan lê het so lank gewag is nou pê ek weet nou jy wil nie pê vir drie wê wê wê Liked it? Share it please …

Luister iemand as ek huil

Luister iemand as ek huil

May 18, 2011

jy is weg jy wat altyd geluister het jy wat altyd gefluister het liefdesliedjies geneurie het in my oor vanaand is die alleen so baie ek is bang baie bang dat iemand anders dalk in my oor gaan fluister Liked it? Share it please …

Die draak

Die draak

May 17, 2011

Van sonde het my verswelg kan iemand my vlerke gee om die sonde te ontsnap my smart te verdwelg kan iemand my smeekroep hoor Jesus hoor my smeek en stuur die draak in sy moer Liked it? Share it please …

Los net asseblief jou adres

Los net asseblief jou adres

May 17, 2011

ek weet jy wil my verlaat ek verdien dit seker daar is baie daarbuite wat hulle verdiende loon gekry het nou soek hulle iemand vir die loon ek hoop dit sal nie jy wees nie gee my asseblief jou adres Liked it? Share it please …

In die rooi van die wyn

In die rooi van die wyn

May 17, 2011

die wit trane gly teen die kant die rooi storm deur are asems jaag soos warm woestynwind teleurgestel stap ons tot voor die deur van verantwoordelikheid en kurk Liked it? Share it please …

My gedigte het geen betrekking op enige lewende mense nie en is net daar vir humor en wonder waar de donner als vandaan kom

My gedigte het geen betrekking op enige lewende mense nie en is net daar vir humor en wonder waar de donner als vandaan kom

May 16, 2011

Johan jy het jou self seker herken Chris langbeen voltruis het altyd gewen Pieter jou draadsitter stem vir pienk toilette Jessica jy dra allure, alweer op die uitkyk Karel klipdrift jy het nooit brieke gehad nie Anna jy het altyd gesê ek praat k toe begin ek maar skryf Liked it? Share it please …

Wat n lekker happie

Wat n lekker happie

May 14, 2011

sê die vlieg terwyl hy die muggie se ribbetjie braai wat n lekker happie sê die tintinkie en pik die vlieg wat n lekker happie se die laksman en vreet tintinkie valk vreet vir laksman arend vreet vir valk so al met die soustrein langs maar vir jou my lief vreet ek enige tyd Liked …

Wat het ek onder my kaftan aan

Wat het ek onder my kaftan aan

May 14, 2011

Ek weet julle wonder ek weet julle lag maar niks waaraan julle dink gaan reg wees nie want daar is niks om oor te dink nie Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte