Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
My Chick

My Chick

May 2, 2011

ek sal rock ek sal roll saam met jou maar eks n haan jy moet verstaan jy is net een van n dosyn chicks Liked it? Share it please …

Jy is dierbaar

Jy is dierbaar

May 1, 2011

Sê sy en piksoentjie hom op die wang sy gedagtes maalkolk hy het so verlang al daardie jare in die vierkant hy mag nie toelaat dat liefde sy lewe binnekom nie van seermaak het hy genoeg hy staan op draai om en stap weg weg van die seer waarvan hy weet Liked it? Share it …

Bull Brand

Bull Brand

April 30, 2011

Moeg stap hulle voort die pad was swaar maar die lewe was lekker n stoetbul was n koning in die mis sien hulle die bord Bull Brand corned meat factory n laaste gerf koring en hulle stap die einde tegemoet Liked it? Share it please …

Jy koop nie ‘n toegangskaartjie na die ewigheid

Jy koop nie ‘n toegangskaartjie na die ewigheid

April 29, 2011

maar 'n bietjie menswees teenoor die niks het mens die hartseer mens die alleen mens die seer mens die verlore mens sal jou seën bring want Jesus het vir ons mens geword Liked it? Share it please …

Ek verlang altyd

Ek verlang altyd

April 29, 2011

na dit wat ek nie kan kry nie die ontwykende die misterieuse maar vandag het ek haar ontmoet met lag en lyf die dag geniet weg is sy ek verlang altyd Liked it? Share it please …

Vader tyd tik-tik-tik

Vader tyd tik-tik-tik

April 29, 2011

weet ons dit dan nie die wysters skuif gedurig die sekondes word minute die minute word ure die ure word dae die dae word jare mens mors nie tyd om in die kroeg te sit nie Jesus gee ewigheidstyd Liked it? Share it please …

Die môrester flikker flou

Die môrester flikker flou

April 29, 2011

sy het gisteraand saam met apollo gekuier hy wou net nie gaan slaap nie sy moes 5 uur aan diens wees om die nuwe dag aan te kondig in die daglig besef sy toe dat die sonlig haar wou verower Liked it? Share it please …

Die skewe spore van n kruppel kind

Die skewe spore van n kruppel kind

April 28, 2011

Ek wens ek kon sokker speel ek wens ek kon krieket speel ek wens ek kon netbal speel maar almal was stil geskok toe ek met my 3wiel fiets op die baan verskyn mense jammer te gou Liked it? Share it please …

Flukse vrou

Flukse vrou

April 28, 2011

vroeg genoeg word bed opgemaak vroeg word huis skoongemaak tot laat middag deeglik was sy laat genoeg was aand ete gereed laataand was sy te moeg gewees Liked it? Share it please …

Vrou was geskep om Adam te terg

Vrou was geskep om Adam te terg

April 28, 2011

Dit is warm in die klub die lywe terg die manne maar die beursies weet maar na twee skure soek sy ander prooi by die kantoor stap die meisies styf lyf rond die mans kyk en droom maar vanaand by die huis gee my lief my 'n 'ek is bly jy is hier' soen sy …

De moer in

De moer in

April 28, 2011

baie dinge raak my de moer in toe ek die moer vasdraai toe strip die donnerse moer ek was goed de moer in toe lag jy ek is jammer ek het jou gemoer Liked it? Share it please …

Ek het gevoel

Ek het gevoel

April 28, 2011

ek weet nie wat haar gevoel vir my is nie maar nadat ek haar gevoel het het sy my gevoel dit was maar 'n gevoelige situasie Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte