Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Die koue winterwind buig die kaal takke

Die koue winterwind buig die kaal takke

April 24, 2011

Wat tevergeefs sonwaarts strek wat bid vir die laaste straal die koue winterwind vries en breek die takke wie van ons sal weer kan bot hierdie lente Liked it? Share it please …

Vroumens

Vroumens

April 24, 2011

God was wys gewees toe hy vrou mens geskep het anders het Adam homself dood gesuip Liked it? Share it please …

Agter die donker vensters

Agter die donker vensters

April 23, 2011

die verwaarloosde meisie met huil oe het by die stopstraat gestaan en my gesmeek om haar op te laai die volgende dag lees ek veertien jarige meisie verkrag en vermoor Liked it? Share it please …

Sonneblom my sonneblom

Sonneblom my sonneblom

April 21, 2011

jy lag oopbek geel duisende pitte saai jy rond die kinders van môre gaan beslis nie lag vir hierdie land Liked it? Share it please …

Jy is die legkaart wat nie pas

Jy is die legkaart wat nie pas

April 21, 2011

jare al probeer ek om die legkaart te voltooi een stukkie kort dit was jy alles het reg gelyk maar jy wou nie inpas nie nou lê ons so half bo-op mekaar Liked it? Share it please …

Die reg van begeer

Die reg van begeer

April 20, 2011

is aan ons almal geskenk dis jou keuse of jy dit misbruik Liked it? Share it please …

Ek asem jou in

Ek asem jou in

April 20, 2011

elke teug vat my na liefdesland waar ek jou vrugte kan geniet en saam met jou vreet van die mango en grenadilla totdat dit liefdesap word Liked it? Share it please …

Wie proe sal weer proe

Wie proe sal weer proe

April 20, 2011

die duiwel se vallei lei ons in versoeking om 'n draai daar te maak onbeskaam word ons vasgevang in die sonde dorings bloederig struikel ons uit ons het te veel gewaag die duiwel lag wie geproe het sal weer kom proe Liked it? Share it please …

Wanneer kom jou Vrydag

Wanneer kom jou Vrydag

April 19, 2011

50 somers en winters is verby 51 somers en winters sal vrydag verby wees wanneer kom jou Vrydag Liked it? Share it please …

Jy by die bar

Jy by die bar

April 19, 2011

moes al by die huis gewees het nou kyk jy na die hoere maar jou beursie is leeggedrink Liked it? Share it please …

In jou slaapkamer kan jy doen wat jy wil

In jou slaapkamer kan jy doen wat jy wil

April 19, 2011

sy kan in haar nities slaap hy kan in sy winterpajamas slaap sy kan in haar gymklere slaap hy kan in sy kerkpak slaap sy kan in haar trourok slaap hy kan in sy safaripak slaap na al hierdie gewoel het hulle toe besluit om kaal te slaap 'n mens mors nie tyd in jou …

Die hart het sy redes

Die hart het sy redes

April 18, 2011

Waarom hy verwerp wat hy eers gekoester het wat hy eers gelief het en nou koud staan wie kan ooit die hart verstaan as jy eers weet waarom klop dit sal jy alles verstaan Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte