Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Tronkvoƫl

Tronkvoƫl

April 12, 2011

die traliewêreld dis al die son skuif die tralies elke dag dieper die sel in die koue werklikheid volg die vuil mossie pik die oorskiet krummels God sien jy nie hoor jy nie my lied Liked it? Share it please …

Die stemme

Die stemme

April 11, 2011

van die verlede kla oor te min tyd vloek uit frustrasie murmereer oor te min Liked it? Share it please …

Die argitek

Die argitek

April 11, 2011

na jare uiteindelik die geleentheid om te ontwerp goeie grond is nodig om krake te voorkom potlood skerp sit hy voor die A3 en teken 'n paar volmaakte enkels die potlood sing hy neurie 'sweet caroline' en teken sy verbeelding hy was net besig om die vonkel in haar oog te sit toe skree sy …

Die vreeslike ongeluk

Die vreeslike ongeluk

April 11, 2011

die rooi en geel frommel mekaar die stof warrel oor die pad 30 sekondes aksie die akteurs klim uit en stof hulle klere af Liked it? Share it please …

Sneller

Sneller

April 9, 2011

ek tas in die donker rond my vinger op die sneller my vinger op die ligskakelaar hoe moeg is ek Liked it? Share it please …

Ek is haar prooi

Ek is haar prooi

April 9, 2011

Sy sleep my na haar skuiling waar sy rustig my gaan vreet Liked it? Share it please …

Die regte prys

Die regte prys

April 9, 2011

Wie gaan saam met my onder die wilgerboom kuier wie gaan saam met my rooi vonkelwyn drink nie een het opgedaag hulle het seker my Uno onder die boom sien staan Liked it? Share it please …

Met n mes

Met n mes

April 9, 2011

Sny ek die naelstring jy is nou vry om te gaan Liked it? Share it please …

penvriende

penvriende

April 9, 2011

saam julle deel ek die lewe gaan deur oop hekke van verlange en pyn storm die pad met liefde en passie tref doodloopstrate maak 'n u-turn en pen verder my warrelwind gedagtes en stil lees elkeen 'n eie verhaal Liked it? Share it please …

Dwangrym

Dwangrym

April 9, 2011

gesteun van woorde gedreun van sinne van uit die gange van die gedagtes deur die siel tot by papier Liked it? Share it please …

anderkant

anderkant

April 7, 2011

ek staar vanwaar ek is na lewe en liefde ek sien jou beweeg maar ek bly aan die anderkant ek staar vanuit my bergtop en sien die heuwels en valleie wat ons moet oor maar ek bly van die anderkant Liked it? Share it please …

Snuffel gids

Snuffel gids

April 6, 2011

ek soek na jou die holte van jou warm wees ek snuffel teen die koue veilig by jou jy is my gids na snuffelland Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte