Donskombersie
die tyd van die donskombers het aangebreek die blare waai rol rol oor die pad en hoop beangs op teen die draadheining weerloos teen die koue vrek hul meer en meer knus toegevou in my donskombers trek ek jou warmhart nader die koue winterwind huil verdrietig om die hoeke ons is knus Liked it? Share …
Vallei van belewenis
nadat ons ontmoet het het ons baie gereis jou vallei van verlatenheid het die vallei van belewenis geword jou vallei van onskuld was diep in die rooi oorweldig het jy my duislig het ek stroomop gestrompel en in die vlakpoel verdrink Liked it? Share it please …
Jou skaterlag lok my
ek lees my naam in jou oë hoe deursigtige hulle raak deurskyn en wys jou asem jaag wittand glimlag jy jou tong gly oor jou nat lippe my date raak gretig nou en lek my nek vreesbevange besef ek 'n haeena teef lek eers waar sy vreet Liked it? Share it please …