Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Chip pendale chip en dip

Chip pendale chip en dip

March 10, 2011

Die chippendales het hulle gate uit geniet hulle het nog nooit so getjirp en gedip nie Liked it? Share it please …

Seevoel

Seevoel

March 10, 2011

Brandermeter vlieg jy en viskos soek jy bokant bakens reis jy self sorg jy vlerkflap styg jy hoog bokant die geskree van die trop voels vlugvry is jy blydskap in hierdie lewe Jonathan Livingston Seagull vry is jy Liked it? Share it please …

Word liefde uit ‘n jol gebore

Word liefde uit ‘n jol gebore

March 10, 2011

uit 'n suksesvolle jol volg 'n jollie night jeans en panties waai en versteur die nag domkop, rooioog, seer strompel voort net jol en nie liefde ons strompel voort en soek 'n stort   Liked it? Share it please …

Wat tickle jou in ‘n gedig

Wat tickle jou in ‘n gedig

March 10, 2011

Is dit die lagspier – wat jou laat smile en lag die hartspier – wat jou emosies vul die traanspier – wat jou liggaam laat ruk van verdriet die emosie spier – wat laat terugdink 'n saamhuil spier – jy het empatie 'n rugspier – wat herinnerings terugbring 'n maagspier – wat saamtrek met snikke …

Hoeveel trieks ken jy

Hoeveel trieks ken jy

March 9, 2011

vra sy laaghals terwyl sy laaghals buk en die wynglas neersit na 5 glase wyn gaan ons na haar flat ek vasvat haar om die bolyf haar knope waai een twee drie sonder toppie begin sy hyg het beslis nie skaam geklink terwyl sy hyg probeer sy praat pompie, pompie, pompie asma pompie Liked it? …

Die vlinder bevrug

Die vlinder bevrug

March 9, 2011

blom na blom op 'n pragtige lente oggend die sprinkaan vreet sy voortanne groen en glimlag skaamteloos die spinnekop spin soos 'n swart kat die wingerd gis oor alles elkeen kan lewe op sy eie manier maar onthou die lewensreels Liked it? Share it please …

Die rooiwang maagde

Die rooiwang maagde

March 8, 2011

ek zoem in op die boord die rooiwang maagde hang ryp oral rond 50 steek ek wange verbleek kind van die vrugtevlieg groei in my Liked it? Share it please …

Die hondevlooi maak ‘n shopping list

Die hondevlooi maak ‘n shopping list

March 8, 2011

vir ontbyt byt hy 'n tjiewawa vir brunch eet hy saam met 'n worsie vir lunch pla hy die dalmation en tel sy kolle na ete drie uur tackle hy die hoenderhaan maar word gou afgeskrop aandete mis hy maar slaap rustig tussen Jan dronkgat se borshare ontbyt is net 'n byt ver   Liked …

Spesiale vrou

Spesiale vrou

March 8, 2011

in my gedigte kan jy lees ek sien haar nie ek ken haar nie ek ruik haar parfuum wanneer sy verbystap ek laat haar lag of is dit ek ek sien haar nie ons loop verby mekaar ek droom vir altyd Liked it? Share it please …

In die floulig van die godson se slaaptyd

In die floulig van die godson se slaaptyd

March 7, 2011

het ons handvashou skemerwoorde gefluister godson se oog het vir ons geknik voordat hy by die skemerte ingly terwyl die aarde draai het die skemerte ons ingesluk die bome teen die horison strek hulle tak hande na bo en bid vir more dat godson weer moet kom jou warm lyf het gesmelt die wonder van …

Ek kyk deur die venster na jou wereld

Ek kyk deur die venster na jou wereld

March 7, 2011

Waar jy lag en jy speel vlegselmeisie sproete en al tot teen die glas kom jy my speelmeisie my lagmeisie my hart bons maar die glas skei ons ek kan net oogdeel en kan net kyk hoe jou bene lank word en jou wimpers groei hoe jy vrou word en lippe rooi hoe jy die …

Hartstraal

Hartstraal

March 7, 2011

Jou warmte is soos 'n kaggelvuur knus en gloeiend in die gloeilig het ons mekaar ontdek glysweet lywe ritmies saam met kaggelvlam Liked it? Share it please …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte