Ek gee die verlede terug
die ou ysterperd wat ons voos gery het die geknakte dubbelbed die getjipte koppies die gebuigde messe en vurke ek kyk vorentoe na 'n nuwe toekoms en bestel 'n queen size triple stainless steel gewaarborgde springs vir 20 jaar pasmaat bedstel Liked it? Share it please …
Mag julle die golwe van tyd ry
en saam oud word soos die berge stewig vir ewig Liked it? Share it please …
Die coil spring matras
van my ma en pa die voeltjie tjirp het ons wakker gehou op die bulsak het ons doelloos rond gegly vandag kry jy die duisend pocket matras 'n tier kan langs jou slaap sonder dat jy dit agterkom 'n jaar later is ons geskei sy hou van die voeltjie wat tjirp Liked it? Share it …
Digitale meisie
ek is nie tevrede met jou foto op die skerm vlugvinger skuif ek jou voortande netjies in 'n ry 'n colgate smile maak die mond 'n bietjie groter dit was toe 'n fout gewees permanente oogomlyner aksensueer die groen die groenflits mamba het ek nie raakgesien sy is nou nie tevrede met wat sy sien …