Berg Gedigte
  • Tuis
  • Oor BERG
BERG gedigte
Buite die ruite

Buite die ruite

January 26, 2011

het die reënwind gehuil veilig knus het ons twee lepel gelê Liked it? Share it please …

Vir altyd

Vir altyd

January 26, 2011

sê ons vir mekaar altyd lê so ver dit kan 10 jaar van nou na altyd wees 'n motorongeluk gewis van nou na altyd kan 'n lewensrit van plesier wees vir altyd lê net om die draai Liked it? Share it please …

Die polsende ster

Die polsende ster

January 26, 2011

Jou jong hart pols vurig dubbelskof as jy hom sien jou hart rein en lewend hy sien jou net raak as 'n vleisie wat hy vanaand graag wil braai   Liked it? Share it please …

Die vreugde van jongliefde

Die vreugde van jongliefde

January 26, 2011

die afwagting die misterie van dit wat kan gebeur die mooi die lelik dit is joune die lelik is rof en lekker maar verwelk daarna die mooi is 'n reis wat tot in ewigheid kan duur Liked it? Share it please …

My wintervrou

My wintervrou

January 26, 2011

Klein bondeltjie opgekrul garnaal vrou lê sy in die winterson ruggekeer bewend die lenteson kom loer sag ontvries word sy midsomer kaggelvuur sy oorverhit swig ek my wintervrou ek het jou lief Liked it? Share it please …

Iets om aan te peusel

Iets om aan te peusel

January 26, 2011

jy het gesê jy hou nie van my nuwe das nie jy hou nie van my nuwe aftershave nie jy hou nie daarvan dat ek so laat werk nie die nuwe girl in die kantoor sê jy het 'n sexy das jou aftershave ruik lekker help my met filing na werk Liked it? Share it …

Die badkamer se spieël is gewasem

Die badkamer se spieël is gewasem

January 26, 2011

in die stort spoel hy haastig die hoerparfuum af Liked it? Share it please …

Die weer dreun

Die weer dreun

January 25, 2011

Is dit om ons te vertel van al die smart wat ons doen Liked it? Share it please …

Berta Buuste

Berta Buuste

January 25, 2011

was altyd voor al het sy agter gestaan Liked it? Share it please …

Pennevrugte

Pennevrugte

January 25, 2011

ek click my click bic en begin skryf ek skryf 'n appelliefie en eet dit op soetsmaak pitjies en al honger is ek nog en skryf 'n pruim suur spoeg ek dit honger is ek nog my bic rol oor die A4 ek skryf 'n appelkoos rooiwang en smaak so lekker honger is ek nog …

ek het langs die pad gestap

ek het langs die pad gestap

January 24, 2011

jy het gesê klim klim verboureerd het ek op jou lewenspad beland 'n wille geswaai 'n wille gedraai Liked it? Share it please …

Die smart bottel

Die smart bottel

January 24, 2011

ek het vergeet wat ek gister gedoen het my vier kinders loer verskrik agter my vrou se rok uit wanneer ek die smartbottel in my hand het tel hulle nie meer verskrik vrou staan doodstil die trane stroom onthou jy nog gister se gister se gister toe ons nog saam gelag het ek het vergeet …

Posts navigation

Newer Posts
Older Posts
© 2025 Berg Gedigte