Rooikappie in die bos
vandag is sy lus en vat die pad
wat kronkel deur die bos
by die groot boom staan n konstabel
R20 dan dek ek die agterhoede
sy het veilig gevoel
en betaal toe
na drie kilometres staan daar toe n sersant
vir R30 waarborg hy haar veiligheid
dit is darem nog goedkoper as die tolpad
se sy vir haarself
en dans n paar draaie in haar rooirok
met haar wit kappie
na 6 kilometers staan daar
n kaptein met blink sterre op die skouers
kaptein my kaptein se sy
ek het nog net R50 oor
hoe ver gaan dit my vat
dit is genoeg om jou
net voor die general
op die afdraaipad
te plaas
Leave a Reply
Be the First to Comment!