Starende oe
met starende oe
het sy daar gesit
grysvuil vingers wat
koorsagtig silwerskywe
in die blinkmasjien
se maag pomp
die klik klak
sê uitgemis
die skywe word
weer gepomp
die dampe
n rookskerm
vir traan
die rock band
speel nie vanaand
net die dodelike
geklikklak
soos n pistool
wat gespan word
die kruideniersgeld
is opgespeel
net pasta en mince
is oor
haar honger oe
starend
Leave a Reply
Be the First to Comment!