Sy het nie gevra nie ..

Sy het nie gevra nie ..

Dat haar naam
op die advertensiebord

langs die r 21 moes verskyn
hulle wou wys
dat swart,wit, bruin, en geel

saam kon leef
laggend, gelukkig
fotos vasgevang
die lag vir altyd

maar na 30 dae het net 3 gelag
maar na 60 dae het net 2 gelag
maar na 90 dae het net 1 gelag

staan die bord aan flarde
die kinders aan repe

wie ontsien die wind
vir niemand nie

hul lewens
uitmekaar geskeur

een van hulle
wat so pragtig was

dwaal doodoog
op straat rond

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz