Sy staan en droom

Sy staan en droom

sy weet sy is enig

haar grootkyk oog
pas netjies tussen haar ore

'n seksie warm neus
en effe te groot tande
voltooi die prentjie

nogtans is sy gewild
onder die manlike geslag

sy is kruisrasvers
gekies om kampioen te word

sy weet nog nie
dat sy 8 kallers
in 8 jaar gaan he nie

sy droom van die rooi afrikanerbul
met die lang horings

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz