Testament van ‘n orgaanskenker
aan my vriend piet blacklabel
skenk ek my vergrote pankreas
dit sal jou laat ophou drink
aan my vriend kort jan
skenk ek my gebreekte neus
aan my vriendin stella
skenk ek my tong
ek het nie baie gepraat nie
aan roy die skaam engelsman
skenk my voorplantingsorgaan
'n nuwe lewe vir jou
aan my vriend windgat
skenk ek my nederigheid
aan my vriendin lekkerchat
skenk ek my ore
aan my spesiale vriendin
skenk ek my hart wat jy altyd
kosbaar aan die klop gehou het
Leave a Reply
Be the First to Comment!