Tussen al die miljoene, sien ek net vir jou, Spesiaal geskryf vir Sterstof
toe ons nog
kinders was
het ek op
my rug gele
en na die sterre
gekyk
ontelbaar
helder en dof
winkend het die
miljoenjaar oue stersoene
my bereik
ek het jongman
drome gedroom
spacewalks gedoen
verbeeldingsvlugte
maar noudat
ek ‘n man is
kan ek die liefdesglinster
in die oog van die een
wat my liefhet lees
ek sien nie eers die ander
miljoene sterre raak nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!