Vroegoggend fluister die son vir die klippe
wat blinkswart verstrooi le
oor die karoovlaktes
en praat van die
langstert skerptand
groot akkedisse wat
elke oggend rondgeplas het
in die groenslym poele
vir miljoene jare lank al
word hier al vertel
op die warm swart klip
wat al miljoene jare
so op sy sy le
gaan sit ek
as ek my oe toemaak
sien ek groot akkedisse
en slympoele
as ek my oe oopmaak
sien ek die bossievlakte karoo
'n tydsreisiger
van gister, vandag
en more
Leave a Reply
Be the First to Comment!