Vroegoggend het sy teen my skouer gelê

Vroegoggend het sy teen my skouer gelê

en prewel

woorde van die ligdag
woorde van bang

het sy geprewel
woorde van dagnag

wanneer die son opstaan
word dit haar dagnag

sy verdwyn in die moreson

voordat die witryp kors
nog kan smelt

my arm waar sy was
is leeg

leeg soos die horison

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz