Wanneer die son sak oor die ou jaar

Wanneer die son sak oor die ou jaar

Vir die laaste keer
beur Godson die steilte uit

boogloop deur die lug
en aanskou die sondejaar se dae

moeg gaan kruip hy weg agter die berg

wanneer die jaar draai
wil hy weg wees

die maan loer skrefiesoog
na die gebeur daar onder

saam met die oujaar
sterf n duisend

wie sal die nuwejaar groet

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz