was jy al op woes – vra BERG !
Wat beteken woes vir ons?
Ek het met heelwat digters gesels op die gala-aand.
Die meeste van ons het ons wense en versugtinge op papier neergesit, daar was geen lewe gewees.
Daar was soveeel opgekropte talent wat net vir ‘n geleentheid gewag het.
Soos ‘n pragvrou sonder ‘n man.
Ons het soos bye rond gegaan maar kan geen blom vind.
Toe kom Willem met Woes.
Dit was soos ‘n sonneblomland, die bye het in gezoem.
Die proses van bevrugting het begin.
Woorde het gevloei, gedigte geword.
Natuurlik soos enige lewende organisme wat voedsel kry groei dit.
Dit was Afrikaans, ons afskeep taal, ons lamgat taal, ons moeg taal, ons besig om dood te gaan taal.
Toe ontdek die digters dat daar erkenning van hulle pogings is, kommentaar, elke digter probeer en bitter min kraak af.
Woes het soos ‘n kern reaktor geword, dit word net warmer en warmer.
Ons eie Afrikaans kry water, kry lewe, ons skryf ons harte uit, ons huil ons harte uit, snot en trane.
Die digters lewer kommentaar, en salf so die woorde van die hartseer, huil intree digter, tot ‘n woorde toevoeging digter.
Die wenner is Afrikaans
Kom ons dig voort, en maak ons harte skoon, en geniet ons taal
Ons vertrou mekaartaal
Ons moedertaal
Ons liefdestaal
Ons geloofstaal
Ons mensweestaal
Leave a Reply
Be the First to Comment!