Wil jy saam met my ..die bergpad loop..

Wil jy saam met my ..die bergpad loop..

Waar die plat klippe sywaarts
waar die pad nog maklik is

waar die fynbos lag
en hul roosruik los
met elke trap

daar waar die mos
groen groen
in die skrefies skuil

die waterval mis
kom lê op ons lippe
en blink nat in die oggend son

versoeking weerstaan ons
hier kort op die pad

gly gly die rotse uit
jou vrou figuur afgeêts
teen die donker kranse

moeg spoor my mandrang
my aan, soos n tier agtervolg

as sy omdraai lag sy die lag
van verwagting

sweetlyf beur ons na bo
die klim n spel

die spel van die lewe
die voortbestaan spel

die kruinwind spoel oor ons
die bergtop wind vertel ons

daar is eers nog die volgende top

laggend kyk ons na mekaar

n nuwe avontuur wag

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz