Winterwind Winterkind……4264
dit is net na middernag
die koue winterwind
kerm soos n alleen kind
deur God verlaat
die winterwind waai
en neem haar siel
stukkie vir stukkie
die vrieswolke
kom lê bo oor haar
soos n kombers
wat die winterwind
wil keer
haar gekerm
word rou snikke
wat verdwyn in die nag
haar laaste asem
meng met die vrieswolke
dit is stil
net na middernag
die koue winterwind
waai deur my siel
Leave a Reply
Be the First to Comment!