Woes gala-aand: BERG :vertel
Hierdie is eintlik ‘n stukkie geskiedenis.
Wat ‘n belewenis was dit. Ek het Andre Grevilman ontmoet, ons het geklash toe ek ‘n aanmerking oor sy meisie gemaak het. Dit was lank gelede.
Ek het hom toe vertel wie ek is en dat ek moer oud is en nie met sy meisie sal lol nie. Hy het toe gese: Amen, Berg.
Weskusvrou het langs my gesit en kreef eet, dit was nie op die menu nie.
Lisa-Marie was verbaas om te hoor dat ek nie in die hustler shop werk nie.
Inalize van Frankfort, het ek vertel van my vriend Pharos, ek sal hom nog aan haar voorstel.
Tribalmoon was over the moon om my te sien, en wou dadelik gaan bergklim, ek se toe eers heelwat later.
Chenel Pieterse-Boyle het net gelag toe ek haar vertel ek is Berg, al wat sy gese het is ‘jy skryf darem rof, Berg"
Natasha het lekker gelag en het my baie voordele van die lewe vertel. Ek was stomgeslaan, al wat ek kan se was, lees die Pharos Tesourus.
Rudi het my gevra of ek lus is …
vir ‘n dop
Mariska was nog baie jonk, met so ‘n egte smile en het nie woorde gehad. Ek het haar van my vriend Tesourus Pharos vertel.
Die Pharos Tesourus van Afrikaans kos R225 by die CNA, dit wemel van woorde en praat hardop in die nag, ‘n moet vir ‘n digter.
Willem het ons van die geboorte van Woes vertel. Sy eie baba wat hy met sorg grootmaak. Gelukkig hoef hy nie huggies vir al die digkinders te koop. Hy het egter ‘n hele paar purity soene gekry.
Willem jy is nog jonk maar is al klaar ‘n goeie pa!
Die Mimi Coertze taalmuseum het so pas ontstaan.
‘n Reis van die ABC van Afrikaans.
Kom reis ons taal, op die wieke van die woord.
Kom skryf jou hart uit
Kom kry nuwe woorde
Maak nuwe sinne
AFRIKAANS kom bult jou spiere
AFRIKAANS ons moedertaal
AFRIKAANS ons tongklap taal
Leave a Reply
Be the First to Comment!