Woes skrywerskompetisie, Woensdagaand 15 Junie 2011

Woes skrywerskompetisie, Woensdagaand 15 Junie 2011

Die donker kronkelpad het ons gevat tot by Forum Homini.
Dit was 5 grade buite toe ons later motor toe stap.
'n Glasie KWV sjerrie en Mandi het ons welkom geheet.

Die knetterende houtstomp vuur het met lang tonge na die maan gelek.
Oral het daar woesters gestaan en gesels en lag.
'n Atmosfeer van afwagting het geheers. Hulle is hier vanaand vir erkenning.

Daar is niks soos erkening om 'n mens aan te vuur. Blinkoog en trots het die woesters hulle pryse ontvang. Dit was 'n netjiese affêre gewees, kort en kragtig.

Dit het baie vir die nuwe skrywers beteken, ek dink baie is daar weg met gedigte embrios wat ons binnekort sal sien.

Willem ons het jou gemis, maar sien uit na die volgende geleentheid. Beterskap vir jou.

Groete
Attie van den Bergh

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz